Ysige weer vir later in die week voorspel

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku dit gaan baie koud raak Woensdag, met die koudste wat dit tot nog was.

Die weerdiens voorspel dit kan -7 grade in sommige areas in die Noord-Kaap raak. Die kanse vir sneeu is nie uitgesluit nie en sterk winde sal in die binneland waai.

In Kimberley sal die temperatuur Donderdag val tot 14 grade, met ‘n temperatuur van -3 grade Donderdagnag.

Vir Vrydag word -6 grade en 12 grade voorspel en Saterdag sal die temperatuur val tot -7 grade en 14 grade.

Vir Sondag word -6 grade en 17 grade voorspel.