Toe Erin Sullivan, ‘n reisfotograaf en skrywer, ‘n ruk in kwarantyn moes deurbring en sy nie meer buite kon rondbeweeg en foto’s neem nie, het sy besluit om voorwerpe soos kos te gebruik om scenarios te skep om af te neem.
Dié Amerikaner het na maniere gesoek om haar verbeelding aan die gang te hou. Our Great Indoors, die foto-album, bevat foto’s waarin sy groente en kruie soos broccoli, roosmaryn, aspersies en sampioene gebruik om natuurtonele vir miniatuur-mensies te skep om af te neem.
Erin Sullivan – Webtuiste / Instagram / Twitter
Lees hier van ‘n fotograaf in New York wat balletdansers in die straat afgeneem het.















