Lewenslange tronkstraf vir verkragter in Britstown

Deel hierdie storie / Share this story

BRITSTOWN – ‘n Man (24) is onlangs in die landdroshof op De Aar tot lewenslange tronkstraf gevonnis na hy skuldig bevind is van vier verkragtings.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, was die 20-jarige slagoffer op 28 Julie 2017 pad na ‘n vriend toe, toe sy deur die beskuldigde oorval en by ‘n naby huis in forseer is. Hy het haar daar verkrag.

Die beskuldigde is vyf dae later in hegtenis geneem ná die gemeenskap inligting aan die polisie verskaf het. Hy was in aanhouding tot hy op 3 Junie gevonnis is.