Probeer gerus hierdie maklike en vinnige resep vir sjokeladekolwyntjies met Rolo gevul.
Nat bestanddele
185 g margarien of botter
160 g strooisuiker
2 eiers
Metode
Gebruik ‘n elektriese menger en klits botter en suiker tot dik. Voeg een eier op ‘n slag by en meng goed.
Droë bestanddele
230 g koekmeel
3 t bakpoeier
½ t koeksoda
½ t sout
60 g kakao
85 ml vars room
85 ml water
Seesout
Metode
Meng meel, bakpoeier, koeksoda, sout en kakao in ‘n bak. Voeg dit stadig by die botter-, suiker- en eiermengsel. Voeg die room en water geleidelik by en meng goed. Vul elke holte in ‘n muffinpan tot twee derdes vol en maak die deeg gelyk. Onthou – jy moet deeg oorhê om later bo-op die vulsel te sit.
Druk een Rolo-sjokoladestukkie versigtig in elke holte met deeg. Moenie dit te ver na onder druk nie. Sprinkel die seesout oor. Bedek die sjokoladestukkie met die oorblywende deeg. Bak in die oond vir 20 minute of tot gaar en die karamel loperig is aan die binnekant.
Haal dit uit die oond en laat effens afkoel.
Resep: Resepte / Kos is Ons Lewe



