Die ontluikende aanslae op besighede wat toeneem in Amerika na aanleiding van die dood op George Floyd het Amerikaners warm onder die kraag.
Floyd is na bewering deur ’n polisiebeampte van Minnesota versmoor toe hy sy been op sy nek gesit het, tydens sy arrestasie op 25 Mei 2020.
Ontstoke betogers, wat steeds opsoek is na antwoorde en geregtigheid vir swart mense in dié staat onder die hutsmerk #blacklivesmatter, het hulleself nou daartoe gewend gemaak deur besighede kwaadwillig te beskadig en te plunder.
In hierdie video kan jy sien hoe plunderaars toegang tot die Mercedes Benz-handelaar in Oakland verkry en voertuie ter waarde van derduisende rande aan die brand gesteek of gevandaliseer het. Van die voertuie wat duidelik sigbaar is sluit in die C-Class, CLA en GLE reekse. ’n Mercedes-AMG GT Coupé het ook in die slag gebly wat aan die brand gesteek is.
Die video is op 1 Junie deur Fox News gedeel. Lees hier oor wat op die oomblik in Amerika aangaan.



