Velkontak met jou pasgebore baba, die belangrikheid daarvan

Deel hierdie storie / Share this story

Die onbeskryflike oomblik wanneer hulle daardie nuwe lyfie op jou bors neerlê en jou hele wêreld verander.

Wat die navorsing wys

Unicef ​​beskryf direkte velkontak as die praktyk waar ‘n baba afgedroog word en direk na geboorte op sy of haar ma se bors gelê word, waar albei toegemaak word met ‘n warm kombers en alleen gelos word vir ’n uur of tot na die baba vir die eerste keer geborsvoed word.

Navorsing toon dat hierdie praktyk duidelike voordele op die kort- en langtermyn inhou vir die fisiese en emosionele welstand van jou baba.

Die wonder van direkte velkontak – Unicef

Wat is die voordele?

Van die vele voordele van hierdie praktyk, kan die volgende verwag word:

  • Jou baba voel veiliger en huil dus minder
  • Dit skep ‘n ideale omgewing om jou baba se liggaamstemperatuur te reguleer
  • Die toename van kalmte is merkbaar tussen jou en jou baba, aangesien direkte velkontak die stres van die geboorte verminder
  • Dit help natuurlik die borsvoedingsrefleks aan
  • Dit versterk die emosionele binding tussen jou en jou baba en veroorsaak ‘n verhoogde sensitiwiteit in jou as mamma vir jou baba se behoeftes.

Weens die kragtige voordele van hierdie praktyk en die navorsing wat dit keer op keer bewys, doen al hoe meer hospitale dit as deel van die geboorteproses.

Dalk is ons besig om terug te keer na ons oorsprong, want hierdie manier van die geboorte skenk is 100 jaar gelede as normaal en natuurlik deur vroedvroue.

Kalmeer wenke vir jou baba – Unicef

LEES MEER ARTIKELS HIER OP FIND IT NUUS.