Covid-19: Nuutste syfers in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – ’n Addisionele nege gevalle van die koronavirus is gister in die Noord-Kaap bevestig.

Dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, het op 2 Junie aangekondig nege positiewe Covid-19-gevalle is in die Noord-Kaap aangekondig, wat die totaal gevalle in dié provinsie tot by 91 bring.

Gevalle volgens munisipaliteitsdistrik bevestig

Volgens Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, is twee van die nuwe gevalle in die Umsobomvu-munisipaliteitsdistrik bevestig, drie in die Renosterberg-distrik, een in die Emthanjeni-distrik, twee in die Sol Plaatje-munisipaliteitsdistrik en een in die Tsantsabane-distrik.

Soveel genees en soveel aktiewe gevalle

In die Frances Baard-distrik is daar 23 persone wat van die virus genees is en een wat oorlede is. Daar is dus 15 aktiewe gevalle in dié distrik.

In the John Taolo Gaetsewe-distrik is drie persone al van die virus genees, wat beteken daar is net een aktiewe geval.

In die Pixley ka Seme-distrik is daar 33 aktiewe gevalle van die virus en een persoon wat genees is.

In die ZF Mgcawu-distrik is drie persone al van die virus genees. Daar is 18 aktiewe gevalle van die virus in die distrik.

In die Namakwa-distrik is drie persone van die virus genees en daar is dus geen aktiewe gevalle in dié distrik nie.