KBY-inwoner begin petisie oor hy ‘gedwing word’ om op swartmark sigarette te koop

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Daniel Nel, inwoner van Kimberley, het ’n petisie begin ter bewusmaking van eerlike landsburgers wat nou gedwing word om onwettige sigarette te koop.

Die petisie het al meer as 100 handtekeninge, maar benodig 150 000 voor dit aan die president voorgelê kan word.

Nel studeer LLB. “Dit help nie ons probeer reg leef en ’n verandering maak, maar die regering dwing ons om die verkeerde besluite te neem nie.

“Ekself is ’n roker. Ons as eerlike landsburgers word nou gedwing om op die swartmark te koop as gevolg van die verbod op die koop en verkoop van sigarette. Ons behoort ’n keuse te hê,” sê hy.

Lees hier oor die optog wat in tien stede regoor die land plaasgevind het teen die verbod op die koop en verkoop van sigarette.