Optog teen sigaretverbod: “Genoeg is genoeg!”

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners het vandag vreedsaam regoor die land betoog teen die sigaretverbod wat deur die regering ingestel is.

Duncan Napier, die stigter van die gemeenskapsorganisasie United Against The Tobacco Ban, sê die optog in Kaapstad het baie goed afgeloop. Hy wag nog vir terugvoer van die ander nege stede.

Hy sê Suid-Afrikaners is woedend en moedeloos. “Genoeg is genoeg!”

“Een ding is duidelik – dr. Ndlamini-Zuma is verkeerd,” sê Napier. “Mense het nou genoeg gehad. Sy en haar argumente verswak by die dag!”

“Oor 40 of 50 jaar van nou, wanneer die nuwe generasies terugkyk op die gebeure in dié tydperk in die land se geskiedenis, watter prentjie gaan hulle sien? Ons is nie so dom soos die regering wil hê ons moet wees nie.”