Datums vir graad 1’s en 2’s bekendgemaak

Deel hierdie storie / Share this story

Graad 1’s en graad 2-leerlinge mag op 6 Julie terugkeer skool toe. Dit volgens gewysigde regulasies wat op 1 Junie in die staatskoerant gepubliseer is.

Die aanvanklike aankondiging het nie dié grade se datums om na skole terug te keer, ingesluit nie.

Graad 7’s en matrieks sou op 1 Junie na die skole terugkeer, maar die datum is op die laaste nippertjie uitgestel, omdat skole nie gereed was om te heropen nie.

Die regulasies wat gister gepubliseer is, dui ook daarop dat jonger grade weer mag begin skoolgaan, maar slegs as die skool aan die nodige gesondheids- en veiligheidsvereistes voldoen.