Die sesjarige meisie wat Sondag deur haar ma as vermis aangemeld is, se liggaam is in ’n bebosde gebied in Durban opgespoor.
Haar ma het na bewering aan die polisie rapporteer dat sy in Glendalestraat saam met haar twee kinders van onderskeidelik ses en 14 jaar oud gereis het toe die ontvoering plaasgevind het, sê brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder.
Naicker sê volgens die ma het sy ’n spoedhobbel genader toe ’n onbekende man haar motor se deur oopgepluk het en haar sesjarige, wat op die agtersitplek aan die slaap was, gegryp het.
Na ‘n intense ondersoek het die polisie ‘n 42-jarige vrou ondervra. Speurders het ‘n soekspan aan die werk laat spring en die vermiste kind se liggaam is in tussen die suikerriet in Riet Valley gevind.
Die polisie het die verdagte op aanklag van moord in hegtenis geneem en sy het vandag in die landdroshof op Umhlani verskyn.
Lees meer artikels van FiND iT hier.



