August 4, 2021

Sol-werkers weier om vullis te verwyder

Foto: Verskaf

Kimberley se strate lê vol vullis. Gemors hoop op voor winkelsentrums en inwoners van Kimberley is ontstoke oor die feit dat die vullis in dié dorp nie gister verwyder is nie. “Die wurms loop al by ons kantoor in!”

Daar was aanvanklik gerugte dat die Sol Plaatje-munisipaliteit se trok waarmee die vullis verwyder word, buite werking is. Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, het egter bevestig die munisipaliteitswerkers staak omrede hulle ongelukkig is oor hul oortydbetaling.

Volgens Riet vergader die werkers, bestuur en unies steeds om die situasie op te los.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *