Dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid het aangekondig daar is tot op hede 69 positiewe Covid-19-gevalle in die Noord-Kaap bevestig.
Die distrikte waarin twee van dié gevalle aangemeld is, is onbekend.
Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, sê dié departement is besig om met die nasionale instituut vir oordraagbare siektes oor dié twee gevalle te kommunikeer. Die gevalle is glo verkeerdelik as gevalle in die Noord-Kaap aangemeld.
Daar is nou ‘n totaal van 22 gevalle in die Sol Plaatje-munisipaliteitsdistrik, drie in Magareng en een in Dikgatlong. In die Pixley ka Seme-distrik is daar vier gevalle en in die ZF Mgcawu-distrik is een.



