Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging op 30 Mei het die aantal gevalle met 1 716 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 32 683 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 683 en 16 809 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 725 135 toetse vir Covid-19 doen.




