Milo-balletjies – Resep

Deel hierdie storie / Share this story

Geniet hierdie Milo-happies met koffie of net as ‘n soet dingetjie.

Bestanddele:

1 pakkie Marie-koekies

1 blikkie kondensmelk

½ koppie hawermout

Klapper

3 e kakao

5 e Milo

Metode:

Breek die Marie-koekies fyn en gooi in ‘n bak met die hawermout en klapper. Gooi die kakao en Milo by en meng goed. Gooi die kondensmelk by en meng tot alles gemeng is. Laat dit vir 30 minute in die yskas staan. Smeer jou hande met botter. Skep teelepels vol in jou hand en rol in ‘n balletjie. Rol dit dan in die klapper/Milo. Laat dit dan effe afkoel en siedaar!

Resep: Plaasmuis Kombuis