Polisielede op Baviaanskloof het die voorreg gehad om ’n mamma by te staan wat vir die eerste keer geboorte gegee het.
Die polisie het Woensdag 27 Mei ’n oproep ontvang van ’n swanger vrou wat op Baviaanskloof in kraam is. Aangesien dit ‘n landelike gebied is en tyd ’n groot faktor was, het waarskuwingsbeampte, Heidi Kroutz, besluit om persoonlik na die plaas te gaan. Saam met konst. Goodwill het Brandt die mamma gehelp om ’n gesonde baba in die lewe te bring.



