Die 2020 Knysna-oesterfees gaan nou aanlyn plaasvind, ná ‘n vroeëre aankondiging dat dit tot aanstaande jaar uitgestel is.
Die Knysna-fietstoer bied nou ‘n virtuele ren op Zwift aan, sowel as ‘n tweede pretrit deur die Knysna-woude. Dit sal regstreeks op virtuele platforms van die fees dopgehou kan word.
Nader inligting hieroor sal later bekend gemaak word.
Organiseerders van die fietstoer probeer tans vasstel hoeveel van die fietsryers toegang tot die Zwift-platform het, asook of hulle daarin sou belangstel om deel te neem.
Hulle sê hulle oorweeg dit om ‘n mededingende groepsrit of twee te reël en sien daarna uit om inligting van voornemende deelnemers te kry.
Klik hier as jy daarin belangstel om van hul vrae te beantwoord.



