Spinasie-en-maalvleis kasserol – Resep

Deel hierdie storie / Share this story


Resep: Die LowCarb Kombuis

Jy kan steeds dié winter trooskos eet. Probeer hierdie low carb resep vir ‘n heerlike en gesonde spinasie-en-maalvleis kasserol.

Bestanddele:

45 g botter
500 g beesmaalvleis
200 g spinasie, gewas en in repies gesny
100 g rooi soetrissies, in repies gesny
120 g Cheddar, gerasper
5 eiers
100 ml room

Metode:

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer of spuit ‘n vierkantige oondvaste bak. Verhit die botter in ‘n braaipan en braai die maalvleis daarin tot gaar. Skep uit en hou eenkant. Braai die soetrissie en spinasie in dieselfde pan tot die spinasie net begin verwelk. Meng die maalvleis weer hierby in, geur na smaak. Skep die mengsel in die voorbereide bak uit en maak effens gelyk bo-op. Sprinkel die helfte van die kaas bo-oor. Klits die eiers en room saam, geur na smaak en gooi dit oor die vleismengsel. Sprinkel die res van die kaas bo-oor en bak vir 15 – 20 minute tot deurgaar en tot die kaas gesmelt is.