Facebook en Twitter se base stamp koppe oor Trump

Deel hierdie storie / Share this story

Pretoria – Die stigters van Facebook en Twitter het koppe gestamp oor omstrede twiets van president Donald Trump van Amerika. Dit volg na Twitter gister twee twiets van Trump as potensieel misleidend gemerk het.

Die twiets handel oor stembriewe wat per pos aangestuur word in Amerika. Trump maak daarop aanspraak dat die stembriewe nie anders kan as om verkeisingsbedrog in die hand te werk nie, en dat dit beslis die verkiesing sal manipuleer. Twitter het gister die twiets as potensieel misleidend gemerk en ‘n skakel bygevoeg waar lesers die ware toedrag van sake oor die twiets kon nagaan.

Zuckerberg het hierop gereageer tydens ‘n onderhoud met Fox News. Op ‘n vraag oor die saak het Zuckerberg geantwoord dat Facebook ‘n ander beleid volg en dat hulle nie aangestel is as hekwagters oor die waarheid van dit wat mense aanlyn kwytraak nie. Volgens Zuckerberg moes Twitter nie sover gegaan het om Trump se twiet te bevraagteken nie.

Jack Dorsey van Twitter het heftig teruggekap en gesê Trump het Twitter se openbare integriteit erg aangetas deur inhoud te plaas wat deelname aan ‘n openbare proses kan belemmer. Hy wat Dorsey is, is verantwoordelik vir Twitter se integriteit en Zuckerberg moet die maatskappy se werknemers uit die saak laat, sê Dorsey. Dorsey meen ook Trump moet daarom verantwoordelikheid neem vir die feitelikheid van dit wat hy kwytraak.

Dorsey sê dit maak Twitter nie die hekwagters van waarheid nie, maar die handhawers van deursigtigheid.

Trump het hierop gereageer deur te twiet dat Twitter vryheid van spraak onderdruk, iets wat hy nie sal duld nie. Hy het ook volgens berigte gedreig om sosiale mediamaatskappye te laat toemaak.

Lees meer artikels hier:

www.find-it.co.za