Die Hoërskool Wonderboom in Pretoria is slaggereed om sy leerlinge en onderwysers teen Covid-19 te beskerm wanneer hulle op 1 Junie weer terugkeer skool toe.
Dié skool het vyf stappe in plek om onderwysers en leerlinge se hande te ontsmet, temperatuur te neem en vrae te vra om die skoolarea so veilig moontlik te hou.
Stap 1: ’n Voetsaniteerstelsel is by die skool se hoofingang geïnstalleer.
Stap 2: ’n Outomatiese skanderingstelsel sal die leerlinge se temperatuur te neem.
Stap 3: ’n Saniteringshokkie waardeur die leerlinge kan beweeg en só enige kiem ’n “dwarsklap” te gee, soos die skool op hulle Facebook-blad sê, is opgerig.
Stap 4: Die hele skool is ontsmet sodat elke klas, oppervlak en terein virusvry is.
Stap 5: Die skool het genoeg saniteringsmiddels.
Stap 6: Die skool het ’n video gemaak van ’n leerling wat deur die vyf stappe by die ingang van die skool beweeg om die ander leerlinge ’n idee te gee van wat om te verwag wanneer hulle na die skool terugkeer.
Lees hier hoe die skole in die Noord-Kaap voorbereid is vir die heropening op 1 Junie.




