August 4, 2021

Dalk ‘n tekort aan Covid-19-toetse in SA, sê minister

Photo: Unsplash

Dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, sê daar mag dalk ’n tekort aan Covid-19-toetse in Suid-Afrika wees.

Hy en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die nasie gister 26 Mei toegespreek toe dr. Mkhize sy kommer uitgespreek het oor die land se moontlike tekort aan koronavirus-toetse.

Dr. Mkhize sê dié probleem is een wat wêreldwyd voorkom en nie net in Suid-Afrika nie.

“Ons sal egter aanhou om met verskaffers van regoor die wêreld te onderhandel om die nodige toetse in Suid-Afrika te kan doen.”

Op 26 Mei is daar ’n totaal van 605 991 toetse vir die koronavirus gedoen. Dr. Mkhize sê 299 050 toetse is deur privaathospitale en gesondheidspanne gedoen en die ander 306 941 toetse is deur die staat gedoen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *