Covid-19: Nuutste syfers pas bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is pas deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 649 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 24 264 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 524 en 12 741 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 605 991 toetse vir Covid-19 doen.