PETRUSVILLE – ’n Verkragter is op 11 Mei in die landdroshof op De Aar gevonnis na hy glo in September 2018 ‘n vrou (37) verkrag het.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer was glo omstreeks 02:00 op 15 September 2018 op pad huis toe, toe sy deur die beskuldigde voorgekeer is. Hy het haar na bewering gedreig en geld by haar gesoek. Toe sy vir hom gesê het dat sy nie het nie, het hy haar glo aangerand, verkrag en haar selfoon gesteel.
Volgens brig. Ramatseba was die verdagte op 18 Junie 2018 in hegtenis geneem en was hy in aanhouding tot hy op 16 Mei gevonnis is.



