Skool toe of nie?

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die meerderheid ouers (56%) het reeds in ‘n peiling wat deur IPSOS ’n aanlyn navorsingsmaatskappy gedoen is laat weet dat hulle daarteen gekant is dat leerders weer terug skool toe. Ouers vrees vir hulle kinders se veiligheid en voel nie dat skole nou al moet oopmaak nie.

Slegs 20% was ten gunste daarvan dat skole moet oopgaan.

FiND iT se lesers sê hoe hulle hieroor voel:

Basjan Ford “My kind is nie die regering se proefkonyn nie.”

Christo Schoeman “En minstens ‘n maand sonder ‘n Covid-19 geval dan kan hul skole oopmaak. En Zol moet eerste ingaan.”

Sunet Engelbrecht “Ek as onderwysers sê nee.”

Pierre Van der Merwe “Hul sal die kinders moet toets elke oggend, want as een positief is, maak die skool weer toe. Dit gaan ‘n uitdaging wees, want hulle sal vroeg in die oggend moet begin toets om betyds te wees vir oopmaak.”

Salome Van Zyl “Ons kinder het ‘n bietjie normaal nodig. Die lockdown het op hulle ‘n groter emosionele en sielkundige impak as wat ons besef, ek voel net elke skool regoor SA moet ‘n paar maatskaplike werkers in kry en groep beradingsessies reël vir die kinders. Op die manier kan die outjies wat werklik swaar kry geidentifiseer word en na hulle omgesien word.”

Ronché Meij “Not the f……”

Chantelle Dilley “Nee. Ek sal nie daai kans vat met my kind se lewe al vat dit nog twee jaar. Hy sal wel by gr.12 uitkom.”

Natasha Jacobson “Al wat vir my sleg is, is om nogsteeds skoolgeld betaal vir geen onderrig…”

Udine Fourie Cronjé “Ek as onderwyser sê verseker nie!”

Gerhard Geyser “Onthou mense, die toetse wys nie net Covid-19 nie, ook goed soos sars ens. en as jou kind positief toets vat hulle hom direk na ‘n staatsisolasie-fasiliteit.”

Marle Mitton “Ek persoonlik dink dit is belaglik. Dit is nou winter, die virus is baie meer aktief in die koue. Nou moet ons in die koue ons kinders terug stuur. As een kind in ‘n klas siek raak moet ‘n hele klas geisoleer word. Jammer nie vir my nie.”