December 7, 2021

Effektiefste lande tydens Covid 19

Photo: Canva

INTERNASIONAAL. – In die nuutste peiling deur ’n data-maatskappy YOUGOV is Viëtnam die leier as dit kom by lande wat die effektiefste optree en wie se regerings die meeste doen om die virus hok te slaan. 

Altesaam 95% van Viëtnam se mense sê dat hulle tevrede is met hoe die land se regering die epidemie bestuur. Dit beteken egter nie dat almal in die land tevrede is met hoe die epidemie hulle raak nie. In dieselfde peiling voel meer as 89% vreesbevange dat die epidemie hulle wel sal beetpak.

Ander lande wat die krisis taamlik goed bestuur, is Finland, Kanada, Noorweë, Denemarke, Australië en verrassend genoeg Indië.

Volgens YouGov is dit geen geheim dat ’n eerstewêreldland soos Amerika aan die onderkant van die peiling geëindig het nie, met 49% van die mense wat aan die opname deelgeneem het van mening dat die Withuis die virus nie baie goed hanteer nie. In ’n ander peiling, Pew Research poll, het 65% Amerikaners gevoel dat hulle regering te stadig was om reusestappe te neem om die epidemie hok te slaan.

Drie lande wat voel dat hulle regering ver te kort skiet, is Spanje, Japan en Frankryk. In elk van die lande het minder as 40% van die bevolking gevoel die regering het genoeg gedoen om die epidemie te beheer.

En dan is daar Swede. Hierdie land se regering was van meet af adamant genoeg om te sê dit is besigheid soos normaal. Geen winkels en skole is tydens die tydperk gesluit nie. 57% van die bevolking het die besluit verwelkom.

Interessant genoeg het Viëtnam met ’n bevolking van net meer as 95 miljoen mense  nog nie een sterfgeval aan Covid-19 aangemeld nie.

Lees meer artikels op FiND iT hier.

Bronne gebruik: YOUGOV/NEW RESEARCH POLL

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *