Geen inperking stuit Griekwas

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Selfs nie Covid-19 kan Tafellager Griekwas inperk ne. Die oefengroep van Griekwas sal homself nie laat beperk om weer hierdie jaar tot in die halfeind van die Currie-beker deur te dring nie.

Die span is volstoom aan die oefen by hulle huise en van die spelers het selfs gewigte huis toe geneem waarmee hulle die nodige kondisionering aan die gang hou.


So sê Albert van den Berg, assistent-afrigter van Griekwas wat weet waaroor dit gaan.

Van den Berg het allermins meer as 54 eersterangse wedstryde vir die Poubloues gespeel. Die oud-Springbok en sy hoof-afrigter, Scott Mathie, bly met hulle spelers in kontak deur middel van Whatsapp. Oefenprogramme word streng gemonitor en elke speler weet wat van hom verwag word.
Elke speler is met ’n oefenprogram voorsien en moet daagliks terugvoer oor hulle vordering gee. Die span moet teen die tyd wat die inperking verby is aan sekere doelwitte voldoen, sê Van den Berg. Spelers maak ook gebruik van ’n aanlynprogram, naamlik Kahood, waarop hulle vrae moet beantwoord wat hulle vordering betref.


“Ons afrigtingspan trek vanaf komende Maandag saam om die pad vorentoe te bespreek en duidelike planne daar te stel om sodoende gereed te wees sodra die inperking gelig word,” sê van den Berg.
Van den Berg noem ook dat die grootste uitdaging die fiksheid-kontak behoort te wees en hier sal hulle baie mooi na die spelers moet omsien.
SA Rugby (SARU) kon nog nie aandui wanneer en of indien daar enige rugby hierdie jaar gespeel gaan word nie, maar Van den Berg sê hulle is angstig om weer op die veld te kom.
Indien Griekwas ervaring nodig gehad het om die span op die wenpad te hou is Van den Berg die regte man daarvoor.

Kyk hier na sy prestasies:

JAAR; SPAN; WEDSTRYDD; PUNTE

Vaal Triangle 15(10)
1997–1999 Griquas 55 (120)
1999 Cats 7 (10)

2000–2009 Sharks 95 (60)

2000–2009 Sharks (Currie Cup) 47(85) 

 2009–2013 Canon Eagles 35

SPRINGBOKKE

1999–2007 South Africa 51 (20)

SPANNE AFGERIG 

Sharks Akademie 

Sharks 0/19 

Sharks 0/21 

Assistent-afrigter Canon Eagles 

Assistent-afrigter Griekwas