Noord-Kaapse skole nog nie gereed vir heropening nie, sê onderwysersunie

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysers Unie in die Noord-Kaap sê sy lede sal nie Maandag begin werk nie. Die departement van onderwys in die provinsie voldoen volgens dié unie nie aan die vereistes wat nodig is om die veiligheid van onderwysers te verseker nie.

Ná Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, se aankondiging dat alle onderwysers Maandag 25 Mei weer moet begin werk om voor te berei vir die heropening van skole, sê Palesa Nqumashe, die unie se provinsiale sekretaresse, dis nog nie die regte tyd vir die provinsie se skole om te heropen nie.