Twee in arres oor ‘besit’ van dagga ter waarde van R45 000

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Twee mans, onderskeidelik 48 en 78 jaar oud, is Maandag hier in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dagga ter waarde van ongeveer R45 000.

Brig. Mohale Ramatseba, polisie-woordvoerder, sê die twee se voertuig is deur twee polisie-beamptes opgemerk terwyl hulle met misdaadvoorkoming-operasies besig was.

Hulle het die voertuig gestop en ondersoek. Hy sê drie sakke dagga met ‘n straatwaarde van R45 000 is op die agtersitplek gevind.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en aangehou. Hulle sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.