KIMBERLEY – ‘n Man (26) is in Schreinerstraat in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk gekry het dat hy gesteelde koperpype in sy besit gehad het.
Die polisie het dadelik op dié wenk gereageer en die verdagte glo met die pype, ter waarde van R3 500, in sy besit betrap.
Die man sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof op aanklag van die besit van gesteelde goedere verskyn.
Die ondersoek duur voort.




