Galeshewe-inwoners moedeloos oor kospakkies

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Martha Moulupa en Patrice Mathe, inwoners van Galeshewe, is ontsteld omdat daar nie vir almal in die gebied kospakkies by hulle huise afgelewer is nie.

Moulupa sê toe die kospakkies in hulle gebied uitgedeel is, is van die huise oorgeslaan.

Moulupa is volgens haar die enigste een in haar omgewing wat ‘n kospakkie ontvang het.

“Ek het ses kindertjies om na te kyk. Omdat niemand anders in my straat kospakkies gekry het nie, moes ek myne met almal deel,” sê sy.

FiND iT het navraag gedoen by die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Noord-Kaap. Gamiem Abrahams, woordvoerder vir die departement, het vroeër gesê die verspreiding van kospakkies in die Noord-Kaap is vandag afgehandel.