Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, en die LUR van die departement van gesondheid, het 11 Kubaanse dokters in die Noord-Kaap verwelkom.
Die span dokters, wat bekendstaan as die Henry Reeve Medical Brigade, sal met ander gesondheidspanne in die provinsie saamwerk in die geveg teen Covid-19.
Sommige van die dokters was op die voorfront in die gevegte teen ander uitbrake in die wêreld soos cholera in Haiti in 2010 en ebola in Wes-Afrika.





