Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 918 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 16 433 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 286 en 7 298 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 475 071 toetse vir Covid-19 doen.



