Inwoners woedend oor kospakkies

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Inwoners van Herculeshof in Kimberley is woedend ná hulle weer oor die hoof gesien is met kospakkies, sê Ockie Fourie, DA-raadslid.

“Die verstandhouding was dat daar kospakkies in Diamantpark en Beaconsfield uitgedeel sou word en ek is die oggend meegedeel dat De Beers die skenking gemaak het en dat die kospakkies net vir Diamantpark beskikbaar gestel is.”

Hy sê die saak is opgeneem en die departement van maatskaplike ontwikkeling het onderneem om te kyk of daar addisionele kospakkies vir die Beaconsfield-gebied bekom kan word. Hy sê ook die nood is nie net in Herculeshof groot nie, maar in die hele Beaconsfield-gebied.