Die afwesigheid van patrolliedienste van gemeenskappolisiëringforums (GPF) in Krugersdorp het misdaad in dié dorp laat toeneem.
Vermeende koperdiewe
Vermeende koperdiewe is feitlik daagliks besig om elektriese kragbokse oop te breek om smeltdrade te steel. Die smeltdrade het feitlik geen herverkoopwaarde nie en die klein koperkontak wat deel vorm van die smeltdraad, is waarskynlik die enigste rede vir die misdaad.
Weens die Covid-19
Weens die Covid-19 – inperkingregulasies en die instelling van die aandklokreël is die GPF nie gemagtig om met hul werksaamhede voort te gaan nie. Polisiedienste se verantwoordelikhede is ook uitgebrei om toe te sien dat die regulasies van die Rampbestuurswet toegepas word.
Toename in misdaad
Die toename in dié soort misdaad veroorsaak dat drie of meer huise in ‘n straat vir ‘n dag of langer sonder elektrisiteit gelaat word wat lei tot groot frustrasie onder huiseienaars en die munisipaliteit. Die woonbuurte wat veral deurloop, is Krugersdorp-Noord en Krugersdorp-Wes.
Dit is onrusbarend
Dit is onrusbarend dat misdadigers hul fokus van grootskaalse koperdraaddiefstal verskuif het om smeltdrade te steel tot nadeel van baie huishoudings wat reeds gebuk gaan onder moeilike omstandighede weens die Covid-19-inperkings.
Die VF Plus
Die VF Plus doen ʼn beroep op inwoners van Krugersdorp om enige vorm van diefstal sien dadelik by die polisie aan te meld.
Mediaverklaring deur:
Tjaart Steenkamp
VF Plus-raadslid: Mogale City-plaaslike munisipaliteit



