Drie in hegtenis oor daggahandel

Deel hierdie storie / Share this story

MOTHIBISTAD – Drie mans is gister hier in hegtenis geneem vir die handel in dagga ter waarde van R371 000.

Sers. Mokidiame Tshego en konstabels Thabang Marumo en Tshego Moseki het gisteroggend omstreeks 11:00 drie verdagtes gearresteer. Hul ouderdomme wissel van 29 tot 34.

Die drie polisie-beamptes was na berig word besig met ‘n stop- en deursoek-operasie tussen die Legaganeng- en Mathanthanyaneng-buurte toe hulle ‘n verdagte wit Toyota Fortuner met drie insittendes opgemerk het.

Hulle het die voertuig deursoek en 74 kg dagga met ‘n straatwaarde van R371 000 gevind. Sowel die motor as die dagga is gekonfiskeer.

Die verdagtes verskyn môre in die landdroshof op Mothibistad op aanklag van dagga-handel.

Die kantoor-bevelvoerder van Mothibistad, kol. Didimalang Moetsi, het die drie beamptes vir hul toewyding geloof.