Vrouwees het ‘n kompetisie aangebied om vir een gelukkige vrou die kans te gee om ‘n “make-over” ter waarde van R80 000 te wen.
Vrouwees se “make-over”-kompetisie word deur Dentists @ Memorial geborg.
Dr. Carlo Grebe, van Dentists @ Memorial, sal die wenner van die kompetisie van ‘n leeftyd se tande reg-, mooi-, en witmaak. Dr. Riaan Liebenberg sal help met die estetiese verbetering van die vel.
Dr. Grebe het vandag tien finaliste evalueer. Die finale drie sal deur ‘n beoordeelaarspaneel gekies word, waarvan een die gelukkige wenner sal wees.



