SASSA sê hul kapasiteit van personeel by kantore regoor die land sal die komende week verhoog word.
Baie mense het hulle teleurstelling uitgespreek oor hulle sukkel en in lang toue by SASSA-kantore te staan om vir die Covid-19-werkloosheidstoelae of aansoeke vir kindertoelae te registreer.
Busisiwe Memela-Khambula, uitvoerende hoof van SASSA, sê dit is belangrik om te onthou dat die begunstigde se geld in hul bankrekening inbetaal word en nie by SASSA-kantore aan hul oorhandig word nie.
“Soos enige ander maatskappye in die land, word slegs ‘n derde van ons personeel by kantore toegelaat, wat beteken dat ‘n beperkte aantal werknemers op ‘n slag by die kantore kan wees. Daarom het ons besluit om al ons personeel in te roep, ander sal binne die volgende week binne die kantoor werk, of ander sal buite die kantore werk sodat hulle die toue kan beheer, ”sê Memela-Khambula.



