KIMBERLEY – ‘n Man het 18 jaar tronkstraf gekry ná hy sy 24-jarige meisie in Maart 2013 vermoor het.
Ricardo Ruiters Sprei het op 15 Maart 2013 saam met ‘n groep vriende en familie in Victoria-Wes gekuier. Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê Sprei en sy meisie het in ‘n argument betrokke geraak waarin sy doodgesteek is.
Die saak is deur sers. Mojalefa Ignatius Mokitimi ondersoek. Die streekshof in Victoria-Wes het Sprei Woensdag skuldig bevind en met 18 jaar tronkstraf gevonnis.



