Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 785 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 13 524 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 247 en 6 083 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 421 555 toetse vir Covid-19 doen.






