Daar het vanjaar 2 000 gesonde Lesser-flaminke by Kamfersdam in Kimberley uitgebroei.
Die inskrywing op Save The Flamingo se Facebook-blad sê die flaminke het vanjaar later as gewoonlik uitgebroei, maar dis steeds ‘n wonderlike verrassing.
Ester van der Westhuizen-Coetzer, Debbie Smith, Donovan Smith, die Booth-gesin, Doug Harebottle en nog persone word bedank vir die feit dat hulle die flaminke gemonitor en goed versorg het.



