eNCA-kameraman verloor stryd teen Covid-19

Deel hierdie storie / Share this story

eNCA Nuus moes vandag afskeid neem van Lungile Tom, hulle kameraman wat in Kaapstad gewoon het. Hy is Sondag 10 Mei weens Covid-19-simptome in die hospitaal opgeneem en is vanoggend oorlede.

Tom het in Desember 2013 deel geraak van die eNCA-familie.

“Hy was welbekend vir sy groter-as-die-lewe persoonlikheid en sy toewyding aan sy werk. Sy lag sal vreeslik gemis word en ons medelye gaan uit na sy vrou en sy kinders.”