Lys van klere wat jy nou mag koop

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – ‘n Lys van klere wat jy nou “mag” koop, is Dinsdagaand in die Staatskoerant gepubliseer.

Dié lys, wat deur Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en medediging uitgereik is, sluit in:

  • Baba- en kinderklere en skoene
  • Alle klere vir kinders
  • Kraamdrag
  • Nagklere vir volwassenes
  • Skoene waarvan die tone toe is
  • Oefenklere, baadjies, jasse, truie, rokke, langmouhemde, denims, langbroeke, rompe
  • Kortmoutruie – mits dit onder ‘n ander trui gedra word
  • Kortmou t-hemde – mits dit onder iets anders gedra word
  • Spanbroeke – waar dit onder ander klere gedra word
  • Serpe, musse, handskoene, sokkies, belde, hoede