Premier waarsku teen bedrieër

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het in ‘n inskrywing gewaarsku teen iemand wat voorgee dat hy of sy dr. Saul is in ‘n poging om geld in die hande te kry.

Die persoon vra glo ander om kamers by gastehuise in die Noord-Kaap en in Gauteng te bespreek en sê dinge om persone te oortuig om aan die “premier” geld oor te betaal.

Die premier waarsku om nie deur dié persoon gevang te word nie. Hy sê die persoon gebruik die nommer 0745636238.