Weens die inperking in Suid-Afrika is daar gesinne wat swaarkry en daarom het die regering besluit op die voorsiening van kospakkies aan die gesinne wat dit die nodigste het.
Daar is sover ongeveer 16 000 kospakkies in die Frances Baard-distrik versprei.
Daar word vandag 13 Mei kospakkies in verskeie gebiede afgelewer.
Ritchie: 200 kospakkies
Holpan: 100 kospakkies
Smithmine: 50 kospakkies
Magareng: 200 kospakkies
Phokwane: 300 kospakkies
Platfontein: 350 kospakkies
Môre 14 Mei sal kospakkies in die volgende areas afgelewer word.
Magareng: 200 kospakkies
Phokwane: 300 kospakkies
Windsorton: 100 kospakkies
Diamantpark: 200 kospakkies
Lerato Park en die omliggende area: 650
Van die 47 700 kospakkies wat in die Noord-Kaap-provinsie uitgedeel sal word, is daar tot dusver 36 000 uitgedeel.



