Bly veilig terwyl jy oefening doen

Deel hierdie storie / Share this story

Wenke van die polisie oor hoe om veilig te bly wanneer jy tydens die grendeltydperk buitenshuis oefen:

#LockdownSA

·         Gee aandag aan jou omgewing – moenie dat die lui van jou telefoon jou aandag daarvan aflei nie;

·         Oefen in plekke waarmee jy bekend is; vermy afgeleë areas;

·         Wissel jou roete en oefenroetine af – misdadigers kan dan nie so maklik jou bewegings voorspel nie;

·         Hou ‘n selfoon byderhand, sodat jy om hulp kan vra wanneer nodig;

·         Maak seker dat iemand wat jy vertrou, weet dat jy oefen en watter roete jy volg, asook wanneer jy terug by die huis behoort te wees;

·         As daar kinders by jou is, hou hulle fyn dop en leer hulle van die gevare wat onbekendes kan inhou;

·         Dra klere wat lig weerkaats om te verseker dat jy sigbaar is;

·         Dit is altyd beter om saam met ‘n vriend te stap, draf of fiets te ry;

·         Maak seker dat jy die korrekte afstand tussen jou en iemand anders handhaaf; en

·         Dra ‘n masker.