Man verskyn in hof na beweerde moord

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ‘n Man (19) sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof op Boetsap op ‘n klag van moord verskyn.

Die aangeklaagde en ‘n een-en-veertigjarige man het op Maandag, 11 Mei om ongeveer 20:00 op die plaas Van Wyksfontein in Boetsap na bewering oor kos gestry, waarna die verdagte glo die oorledene met ‘n mes in die bors gesteek het.

Die man is op die toneel deur lede van die Mediese Noodeenheid as dood gesertifiseer.

Daar word berig dat die oorledene, geïdentifiseer as Jaftha Motlatsi Stona, en die verdagte saam met hul werkgewer in Boetsap op ‘n jagtog was.

Sowel die oorledene as die verdagte is van Carletonville in Gauteng afkomstig.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Navrae: Brig. Mohale Ramatseba
071 461 0908