Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur die minister van gesondheid bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 698 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 11 350 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 206 en 4 357 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 369 697 toetse vir Covid-19 doen.





