Aktekantoor oop, maar publiek nie binne toegelaat

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het bevestig die aktekantore oor die land sal vandag 13 Mei weer oopmaak.

‘n Verklaring wat die departement uitgereik het, sê alle dienste sal beskikbaar wees en aansoeke sal aanvaar word, maar lede van die publiek sal nie in die aktekantore toegelaat word nie.