Die koronasyfer in Suid-Afrika het na die laaste aankondiging met 525 gestyg, sê dr. Zwelini Mkhize. Daar is nou 9 420 gevalle van Covid-19.
Die sterftesyfer staan op 186 en volgens die minister van gesondheid is 3 983 persone al van die virus genees.
Daar is tot dusver 324 079 toetse vir dié virus gedoen.



