Die koronasyfer in Suid-Afrika het na die laaste aankondiging met 595 gestyg, sê dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, op 10 Mei. Daar is nou 10 015 bevestigde gevalle van Covid-19 in SA.
Die sterftesyfer staan op 194 en volgens die minister van gesondheid is 4 173 persone al van die virus genees.
Daar is tot dusver 341 336 toetse vir dié virus gedoen.




